Stay up to date by reading our newsletters:
Liewe Vriend
Tussen die stof en berge geboue-rommel lê die muurhorlosie. Swart wysers op die eens wit horlosiegesig het gaan stilstaan – 04:17
Dit was nog donker op 6 Februarie 2023 toe swerms voëls in bome ‘n groot geraas gemaak het. ‘n Waarskuwing. Daar was iets in die lug. Diep onder die aardkors het druk opgebou. ‘n Voorteken van dreigende gevaar!
Meeste inwoners van Gaziantep, Antakya, Elazig, Diyarbakir en ander dorpe en stede het nog rustig geslaap. Dalk gedroom van die heerlike dondurma van Kahramanmarash wat hulle in gister se gewilde roomysstalletjies geniet het.

yf-en-veertig sekondes van onaardse gedonder het uit die maag van die aarde geroggel. Die aarde het gesidder, bewende geboue het gewankel en saam met vloere en kolomme neergetuimel, gebou op gebou! Toe die gegil, digte wolke van versmorende stof, sirenes en uitroepe “Ya Allah Yardimomiz olsun! Yardim Et!”
“Die oordeelsdag, die einde!” het talle gekerm.
Aardbewing. Rampe. Oorlewendes! Dit oorheers die afgelope weke die nuuskanale.
Oor ‘n paar weke is daar ander hoofopskrifte en ander nuuswaardige artikels.
Vir jare gaan die slagoffers nog die gevolge van hierdie vernietigende aardbewing daagliks in die gesig moet staar en en probeer oorkom. Lewens is katastrofies omgekeer deur die slegste aardbewing ramp wat in honderd jaar in Turkiye aangeteken is.

Global Relief, GRf, het sedert 1999 duisende slagoffers in ‘n tiental erge rampe bygestaan om die gevolge van sulke ingrypende krisisse te help oorkom. Deur mediese dienste en ons psigo-sosiale eerstehulp en opleiding kon sulke mense getuig van herstelde hoop en hulp om weer ‘n toekoms verwagting te ontwikkel.
Ons kan ons lewens voorstel soos ‘n emmer wat aanhoudend volgemaak word met insette van verskillende aard en omvang. Dit sluit dinge in soos my geloof, geliefdes, werk, besittings, stokperdjies, vriende, sport. Elke mens beleef van tyd tot tyd negatiewe dinge wat gaatjies in jou lewensemmer veroorsaak waardeur jy lek.
Hierdie gaatjies genees deur middel van die insette of ondersteuning stelsels in jou lewe.
Wanneer iets baie ergs met jou gebeur soos die dood van ‘n geliefde of ‘n groot ongeluk of iets traumaties, kan dit ‘n geweldige groot gat maak.
Dan veral is hierdie insette en ondersteuningsnetwerke uiters belangrik in jou lewe.
Wanneer hierdie ondersteuningsnetwerke ook wegval, is dit soveel moeiliker.
Daarom glo ons in Global Relief dat ons mense moet help om deur hierdie proses van lek, Vuza, te gaan sodat die groot gat kan genees.
Maar dat daar dan nuwe stelsels geskep moet word om hierdie leë emmers weer vol te maak. Vusa.
Ons noem hierdie proses Vuza Vusa –
Vuza: die Zulu vir lek en
Vusa: ontwaak of blom.

Photo by Lynn Danielson on Unsplash
Vriendelike Groete
Global Relief-span
Bankbesonderhede:
GLOBAL RELIEF
Rekeningnommer: 62061322831
FNB Woodbridge (Kempton Park) Tak: 205609
Vir Bank inbetalings:
Click here to donate towards the GRf Emergency Fund.
